Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 27 SEPTEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die nuusbulletin met 'n stilsleutel

Hartwig Hillermann, ZS5WA, het op 21 September ʼn stilsleutel geword. Ons innige mee gevoel met sy vrou Mona, familie en vriende. Hartwig was nog baie aktief in MARK tot n paar jaar gelede en sal onthou word vir sy humor en gewilligheid om ander te help.

POUSE VAN 5 SEKONDES


In die nuus vandag.

IS AMATEUR RADIO SLEGS ‘n STOKPERDJIE EN NIKS ANDERS NIE?

KOMPETISIE NUUS

ARiA IN KAAPSTAD

RADIO ZS SE OKTOBER UITGAWE BESKIKBAAR 29 SEPTEMBER


Bly ingeskakel vir hierdie en ander interessante nuus brokkies.

*** Baie amateurs glo dat amateur radio slegs ‘n stokperdjie is en niks anders nie en dat die hoof doel is om soveel moontlik DX kontakte op HF en soveel moontlik QSL kaarte bymekaar moet maak. So hoekom dan al die moeite en nodige voorbereidings om nog ‘n radio amateur eksamen te skryf? Die realiteit is dat amateur radio meer as net ‘n stokperdjie is. Amateur radio het ‘n rol om te speel tydens ramp en noodtoestand kommunikasie via HAMNET of kommunikasie dienste tydens sport byeenkomste. Die Internasionale Amateur Radio Unie (IARU) is die internasionale beskermer van amateur radio en skakel direk met die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU) en om innovering en vooruitgang van die radio amateur omgewing te verbeter. Die IARU word deur verskeie amateur radio gemeenskappe geborg, insluitend die SARL.



Radio amateur dienste dek ‘n wye veld van aktiwiteite waar elke amateur ‘n aspek kan vind wat hy/sy kan geniet en meer in kan eksperimenteer, navors en sekere baanbrekers werk kan doen, mikrogolf spectrum in gesluit.Dis die rede hoekom die ITU na amateur radio verwys as ‘n diens eerder as ‘n stokperdjie, uit gesluit Burger Band radio. Dink jy dat die ITU soveel BHF, UHF, SHF en Uiters Hoe Frekwensie waardevolle radio band spektrum aan radio amateur entoesiaste sou toeken?


***** Op Donderdagaand 1 Oktober, kan jy deelneem aan die tweede been van die Suid-Afrikaanse Radioliga se 80 m QSO Geselligheid. Die kompetisie is op die lug van 17:00 tot 20:00 UTC in die band gedeeltes 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800. 'n RS verslag, jou roepsein en naam word uitgeruil. Kontakte met Suid-Afrikaanse stasies tel 10 punte en kontakte met stasies buite Suid-Afrika tel 15 punte. Logstate moet teen 8 Oktober ingedien word aan zs5lp@vodamail.co.za

** Op Saterdag 3 Oktober, sal die Suid-Afrikaanse Radioliga se Lente QRP Kompetisie op die lug wees vanaf 12:00 tot 15:00 UTC. Die eerste uur van hierdie kompetisie is slegs op 40 meter, daarna kan aktiwiteit skuif na enige HF kompetisie band. 'n RS of RST verslag en jou ruit verwysing word uitgeruil. Gee 'n realistiese RS of RST verslag en 'n ses syfer ruit verwysing. Logstate moet teen 10 Oktober versend word aan contest@sarl.org.za

Kry die reëls in die 2015 Blouboek.

** Die komitee het die voorlopige uitslae van die tweede been van die Nasionale Velddag, gehou op 12 en 13 September, bekend gemaak. Sewentien logstate en twee kontrole logs is ontvang.

Klas A - veldstasie multi-operateur
1ste Wesrand ARK, 126 240 punte
2de Highway ARK, 124 680 punte
3de Welkom ARK, 103 080 punte

Klas D - veldstasie enkel-operateur, QRP
1ste Pierre van Deventer, ZS6A/4, 11 880 punte

Klas E - ultralig draagbaar
1ste Dave Higgs, ZS2DH, 16 380 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE, 1 800 punte

Klas F - algemene stasies
1ste Pieter Jacobs, ZS6XT, 36 540 punte
2de Johan van Zijl, ZS4DZ, 11 120 punte
3de Pam Momberg, ZS6APT, 360 punte

Die gekombineerde uitslae van die Februarie en September bene van die Nasionale Velddag lyk soos volg.

Klas A - veldstasie multi-operateur
1ste Highway ARK, 229320 punte
2de Wesrand ARK, 217 068 punte
3de Pretoria ARK, 138 456 punte

Klas B - veldstasie multi-operateur, QRP
1ste Potchefstroom ARK, 33 534 punte

Klas D - veldstasie enkel-operateur, QRP
1ste Pierre van Deventer, ZS6A/4, 11 880 punte

Klas E - ultralig draagbaar
1ste Dave Higgs, ZS2DH, 16 380
2de Eddie Leighton, ZS6BNE, 1 800

Klas F - algemene stasies
1ste Pieter Jacobs, ZS6XT, 36 540 punte
2de Johan van Zijl, ZS4DZ, 11 120 punte
3de Graham Busse, ZS6GL, 560 punte

Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 673. Baie geluk aan die wenners.

*** ARiA in die Wes Kaap word onderandere gekenmerk deur die nuutste verwikkelings oor die Kletskous projek.

Bespreek nou jou plek by die Amateur Radio in Aksie symposium wat by CPUT in Bellville op 10 Oktober gehou word. Kom op hoogte met die nuutste ten op sigte van die Kletskous projek met Nico van Rensburg, ZS6QL, bou ‘n beter omgekeerde V antenna, bou ‘n frekwensie teller of leer meer oor die installasie van ‘n mobiele radio. Alles en nog meer in ARiA2015. Al die besonderhede, en besprekingsvorm is op SARL se webtuiste op www.sarl.org.za beskikbaar.

*** Die Oktober 2015 uitgawe van Radio ZS sal vanaf Dinsdag 29 September beskikbaar wees vir aflaai. In hierdie uitgawe vertel Koos, ZR6KF, van die Youngsters on the Air somer kamp gehou in Julie in Italië. In die 'portable amateur radio' kolom bespreek Richard, G3CWI, batterye vir draagbare gebruik en Henry, ZS1AAZ, gee tuis bou idees vir beurtkrag. Kevin, ZS6KMD, het 'n Arduino DC voltmeter in sy Arduino kolom en Chris, ZS4CD, vertel van mikrogolwe en amateur radio. Mike, ZS2FM, het fotos en die storie oor die onlangse amateur aarde-maan-aarde sein wat deur die KAT-7 radioteleskoop ontvang is in sy BHF/UHF nuus kolom.

Die tema vir die November/Desember 2015 uitgawe van Radio ZS is antennas. Dis nou vir velddag, SOTA, BHF en UHF, enige antenna artikel is welkom. Dankie aan Harold, ZS5CAR, vir die inligting wat hy reeds gestuur het. Die sluitingsdatum vir jou artikels is Sondag 8 November 2015. Stuur dit aan radiozs@sarl.org.za


U luister na n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga.


*** Kaap Jeug geleentheid op 9 October
Indien jy jounger as 25 jaar is, sluit aan by die die SARL Jeug koordineerder, Koos Fick, ZS6FK vir koek en koeldrank op 9 Oktober om 17:00 by die Oakdale Amateur Radio klub en vind uit hoe jy meer uit amateur radio kan kry. Bevestig jou bywooning deur ‘n SMS aan Nico te stuur by 083 269 9939. Indien jy nie self daar kan kom nie bring jou ouers saam, almal is welkom.


*** In hierdie week se voorplantings verslag berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Sonvlek AR2420 het 'n komplekse magnetiese samestelling wat genoeg energie vir M-klas fakkels huisves.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 51 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag met die 10 m wat ook vol verassings kan wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


En nou vir die dagboek van gebeure

26 – 27 Sep CQ WW RTTY kompetisie
3 Oct Lente QRP kompetisie
10 – 11 Oct AWA buis kompetisie
17 Oct JOTA CQ Hou Koers
18 Oct JOTA
24 – 25 Oct CQ WW DX SSB


Om die bulletin af te sluit 'n kykie na die belangrikste nuus.


*** Baie amateurs glo dat amateur radio slegs ‘n stokperdjie is en niks anders nie en dat die hoof doel is om soveel moontlik DX kontakte op HF en soveel moontlik QSL kaarte bymekaar te moet maak. So hoekom dan al die moeite en nodige voorbereidings om nog ‘n radio amateur eksamen te skryf? Die realiteit is dat amateur radio meer as net ‘n stokperdjie is.

*** ARiA in die Wes Kaap word onderandere gekenmerk deur die nuutste verwikkelings oor die Kletskous projek.

Bespreek nou jou plek by die Amateur Radio in Aksie symposium wat by CPUT in Bellville op 10 Oktober gehou word. Kom op hoogte met die nuutste ten op sigte van die Kletskous projek met Nico van Rensburg, ZS6QL, bou ‘n beter omgekeerde V antenna, bou ‘n frekwensie teller of leer meer oor die installasie van ‘n mobiele radio.


Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Vivian, ZS6VD en gelees deur Johan Keulder, ZS6BXL.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003